Thursday, March 26, 2009

Pampoentjie, pampoentjie en vuilbekkie soentjies!


Ek het mos toe nou ontdek daars ander kos as my mamma se lekker melkies! Pampoen, aartappel, wortel, piesang en appel... ek eet dit eenmaal per dag, maar my melkies is nogsteeds my gunsteling!! Dis lekker as pappa my voer, hy maak sulke snaakse geluide en ek weet nie hoekom lag hy so lekker as ek net bietjie bubbles met die kos blaas nie.. maar dan lag ek maar saam.. net omdat hy so vriendelike oukie is!

Tuesday, March 24, 2009

Hasie hop!..Badtyd is nou op..






Ooee, ek hou vreeslik baie van bad! Deesdae sit ek heerlik terug en skop en speel te lekker. Ek het 'n mamma padda en haar 3 kleintjies was saam met my bad. Hulle moet soms net koes of hulle trek doer soos ek skop en speel! Ek skreeu blou moord as mamma my uit die bad haal, maar as ek my hasie handdoek om my lyfie het voel ek sommer beter! Maar net totdat mamma my klere aantrek...ek weet nie hoekom mens in elk geval moet klere aantrek nie.. ek is dan sonder die goed gebore??

Sunday, March 15, 2009

Ek en pappa speel voor slaaptyd!


Ek en my pappa speel elke aand na ek gebad het! Ons speel allerhande speletjies.. my gunsteling is om op pappa se nek te ry.. dan vat ek sommer gewoonlik so groot hap van sy hare ook.. dit proe nie altyd te lekker nie!! Hie hie hie.. Ek weet ook nie hoe kry Klaas Vakie dit reg om sandjies in my oe te strooi as ek en my pappa speel nie, maar hy kry dit wel reg! Pappa is my beste maatjie, en ek is baie lief vir hom!!!

Thursday, March 12, 2009

Pretty in Pink


Dit is nou waarlik herfs hier by ons! Vroeg in die oggend as ek opstaan en laat in die aand as ek gaan slaap is dit al lekker koud. So vandag het ek vir die eerste keer van my geboorte af weer my gunsteling mussie opgesit! Hy is al amper 'n bietjie klein vir my, maar ek dink nogsteeds ek hou die meeste van hom.. Mamma het sommer weer mal gegaan en baie fotos van my geneem!!

Sunday, March 8, 2009

Baby makes those blue jeans talk!

Posted by Picasa
Ek het vandag my eerste blou "jeans" aangehad. Ons is vanoggend kerk toe, en omdat ek bietjie verkoue het, het mamma my warm aangetrek. Dankie tannie Betsie, ek is mal oor hulle!

Thursday, March 5, 2009

Ek het HANDE!!!

Ek het vanoggend met 'n skok ontdek.. ek het HANDE!! WOW.. nou kan ek nie ophou om daarna te kyk nie! Dis wonderlike goed.. veral om te suig! Ek het ook vir die tannie by Plunket gaan kuier, omdat ek nou 10 weke oud is, sy het my mamma allerhande vragies gevra oor hoe ek eet en slaap en sy het my geweeg. Ek weeg nou 4.68kg, sy het gese ek is 'n baie groot meisie en ek moet aanhou om so mooi te groei! Ek sit ook nou alleen regop in my stoeltjie en skop en speel en hou myself so besig vir ure, ag maar dis lekker om 'n groot meisie te wees.. Posted by Picasa