Tuesday, December 22, 2009

My Vlinder Verjaarsdag partytjie in die park!!


Ons het Saterdag my verjaarsdag partytjie in die park gehou! Dit was vreeslik lekker! Ek het 16 maatjies gehad by my partytjie gehad! Dit was die lekkerste weer, en ons het geeet, gespeel, die eende gevoer en na die partytjie lekker boerewors broodjies (boerewors wat my pappa self gemaak het) geeet!! Ek het die oulikste persente gekry! Sjoe, ek wens ek kan elke dag verjaar!!

Friday, December 18, 2009

Mamma neem my verjaarsdag fotos


Ek en mamma het vandag weer model-model gespeel..

My 1ste verjaarsdag!


Ek is vandag -17.12.2009- 1 jaar oud! My mamma en pappa het my vanoggend vir my gesing en toe ons in die sitkamer kom, wag daar 2 enorme geskenke vir my! Sjoe maar dis lekker om te verjaar.. kan ek nie maar elke dag verjaar nie!!






Saturday, December 12, 2009

Krismis koekies is so lekkkkkeeerrr!!!

Ek het vir mamma gehelp om kersfeeskoekies te bak! Dit was sooo lekker, ons het verskillende vormpies uitgedruk.. Kersboompies, Engeltjies, Sterretjies en kieries! Die koekiedeeg het te lekker gespeel en proe ook nogal nie te sleg nie!

Tuesday, December 1, 2009

Ek verbreed my horisonne en sluip uit die huis uit!

Ek het self ontdek, ek kan die skuifdeur oop skuif... en kyk toe vat ek my kans en kruip die tuin vol!

Ons stel bekend: Prinses Tahnay

Mamma het vir my hierdie spesiale kroon gemaak, want ek is mos 'n prinses!

En ek het ook 'n natuurlike Koningklike waai! Ek is tog van Koningklike afkoms... ek kom dan van Koning Jesus af!