Tuesday, September 29, 2009

1..2..3..Kruip!!!

En toe vang mamma my wraggies waar ek skelmpies kruip!

Monday, September 28, 2009

My pappa se verjaarsdag!


My pappa het so rukkie terug verjaar! Mamma sê hy is ook nou stokoud.. 'n hele 30 jaar! Ons het hom uit gevat vir ete en toe die naweek laat gaan snowboard by so GROOT wit berg. Dit was baie koud maar baie lekker!

Brrrmmm .. my 1ste kar!

My pappa het Saterdag vir my 'n GROOT persent gekoop! My heel eerste kar! Ek is mal daaroor! Eerstens is hy my gunsteling kleur.. pienk natuurlik, tweedens is hy net die regte grootte vir my en laastens kan hy baie vinnig ry.. nes ek daarvan hou! Het ek nie net die beste pappa op aarde nie!!!!



23 Sept. 2009 - My 1ste Tand maak sy opwagting.. en my 1ste tandeborsel sessie!


My ontdekkingsreis in die kombuis!


Tyd vir 'n breuk.. tyd vir 'n... Melkie!


Bobby speel my op... so ek dink ek verdien my breuk!

Wednesday, September 23, 2009

Ek is nou 9 maande oud!


Ek het vandag weer vir daardie tannie by die dokter gaan kuier! Sy is die Plunket verpleegster wat my altyd weeg en meet en vir mamma vertel hoe ek vorder en groei.. en natuurlik hoe oulik ek is! Ek weeg nou 8.5 kg en is 73cm lank!


Wednesday, September 16, 2009

My maatjie in die oond!!

Ek het 'n maatjie wat in ons oond bly! Ek belowe!!! Ek gee haar baie soene... Sy is baie snaaks, sy na-aap alles wat ek doen en weet julle wat??? Sy lyk presies soos ek!!




Ek lees vir Bobby 'n storie!



Ek speel so lekker met my klein bobbejaantjie. Sy naam is Bobby! Ek lees graag vir hom stories, maar die klein karnallie wil nie altyd luister nie! Hy is 'n klein woelwater, en kla al ewig dat sy skoene hom druk en dat ek moet weet bobbejane dra nie skoene en klere nie. Ag, maar wat weet hy dan nou? Ek dink hy lyk baie mooi met my pienk speelpakkie en my pienk tekkies aan.. ek wens sy hare was langer.. dan het ek ook vir hom 'n pienk strukkie in gesit! Ek meen.. ek is net kaal as ek bad.. Bobby bad nie eers nie, so ek weet nie hoekom gaan hy so aan daaroor nie!

Bokke.. bokke ... bokke!


Saterdag 12 September 2009 het die Springbokke & die All Blacks teen mekaar rugby gespeel in Hamilton! Ons was soo opgewonde, ons het ons springbokklere aangetrek en afrikaanse liedjies gesing! Mamma & pappa het by die stadion gaan kyk.. en raai wat?? ONS HET GEWEN!!!
Ek het by tannie Santie gebly. Ons het so lekker gespeel! Ek het my veral gate uit geniet met Christian se karretjies.. sjoe maar hulle speel lekker! Ek ken mos nie karretjies nie.. mamma sê dat eintlik net seuntjies met karretjies speel.. maar ag wat, ek gaan haar oorreed om bietjie vir my ook enetjie te koop!

Monday, September 7, 2009

My eerste Vadersdag... want my pappa is die BESTE!

Dit was Sondag vadersdag hier in NZ! Ek was so opgewonde om vir pappa te kon dankie sê vir die wonderlike pappa wat hy vir my is! Ek en mamma het vir hom 'n nuwe DVD speler gekoop (hy't syne mos gebreek) en ek het vir pappa 'n spesiale kaartjie geskryf..

Ons het 'n heerlike ontbyt gaan eet en toe die eendjies by die meer gaan voer en daar rondgestap! Ons het ook sommer net op die gras gesit en gespeel! Dit was vreeslik lekker!