1.jpg)
Ek is nou 'n GROOT meisie, daarom eet ek nou in 'n GROOT stoel! Dis heerlik om op dieselfde hoogte as mamma en pappa te sit, en sommer by die tafel ook! Ek het nooit geweet daar is so baie goed daaaarboooo....op hulle vlak nie, ek is mos 'n pikkie! Dit gaan ook nou sommer beter as pappa my voer, voorheen moes hy goed gekorrel het vir my mond, as ek so op en af in my "exercoser" gespeel het. Nou is daar darem net kos op my gesiggie en my borslap, nie meer in my hare, ore, neus of op die grond nie! Ek gryp nou en dan die lepel by hulle as hulle my voer of lek sommer my borslap, uit verstrasie uit... hulle vat darem hulle tyd as ek so honger soos 'n klein leeuwelpie is!! Mamma se as ek al my kos op eet sal ek eendag vir die "Magic", (dieselfde span wat Irene van Dyk voor speel) kan netbal speel, so nou eet ek vir die 1ste span!