Tuesday, May 19, 2009

Tannie Ina se "Fancy Dress" verjaarsdag partytjie



Ons was die naweek na tannie Ina se ("Fancy Dress") 30ste verjaarsdag partytjie. Sjoe, 30 moet baie oud wees.. ek kan dan nie eers tot 1 tel nie! Blykbaar word mamma en pappa ook so vreeslik oud die jaar.... Ons almal moes soos iets/iemand aangetrek het, dit was baie lekker! Ek was natuurlik 'n engeltjie... (ek is eintlik elke dag, maar my vlerkies is net onsigbaar), mamma was 'n Dokter en pappa was Zorro!

No comments:

Post a Comment