.jpg)
Mamma het my vanoggend gevat vir my 5 maande immunisasies. Ons sien nooit uit na dit nie, maar mamma se ons moet dit doen anders word ek baie baie siek! Dit was lekker koud en reenerig, so mamma het my snoesig aangetrek vir die okasie, inspuitings in 2 koue beentjies is mos nie nodig nie! Die tannie-verpleegster was baie gaaf, sy het my allerhande speelgoed gewys en mamma het haar bes gedoen om my aandag af te trek van die enorme naald wat die tannie in my bo beentjies gesteek het. Maar kyk, toe ek eers besef wat die twee doen, moes die dak net oppas of ek het hom af geskreeu, met een harde sopraano GIL! En of dit toe nou nie genoeg was nie, moes ek direk daarna vir die kliniek suster gaan kuier. Ek moes toe weer al my klere uittrek, brrr.....sodat sy my kan weeg en my lengte neem ens. Die skaal het gese ek weeg nou 6.24kg en ek is 65cm lank!
No comments:
Post a Comment