Wednesday, June 30, 2010

Ek en my Boks-em-bende .. huisie!


My pappa het vir my 'n huisie gebou uit 'n BOKS! Ja, oulik oukie ne.. Hy het 'n dak, 1 venster en 'n voordeur! Mamma het hom toe skelmpies (terwyl ek eendag my middag slaapie geneem het).. onderhande gehad en hom bietjie op gezoesh! Ek speel baie lekker in my huisie, veral as my maatjies kom kuier.. Dankie pappa. jy's die BESTE!!!

Wednesday, June 23, 2010

Hiers net Wilde Katte hier in ons huis!

Hierdie video het mamma lank terug geneem.. ek dink in Maart of so.. maar net vergeet om hom op my blog te sit.. Ek hoor die geluid wat katte maak klink so iets....

Bo-la-ma-kie-sie!

Ek wat Tahnay is het uitgevind my lyfie kan lekker buig en as ek my kop in trek en my vingertjies my tone raak dan kan ek om rol!!!! Mamma noem dit iets soos.. bolamakiesie.. of iets! Eks mal daaroor.. lekker om te doen as jy verveeld is!

Thursday, June 10, 2010

Leeus eet lekkerrrrrrrr!!!


My ouma Anita het vir my die oulikste LEEU vurkie en lepeltjie uit Afrika gestuur! Die vurkie eet ek baie lekker pasta mee.. en die lepeltjie.. sjoe, hy werk die beste vir Roomys***

Ek is so mal oor hulle dat ek weier om met enige ander eetgery te eet!!

Tuesday, June 8, 2010

Vakansie .. Deel 2!


Ons het so baie nuwe plekkies gesien en ontdek! Ons het by Taupo die Volkaniese Sentrum , die Huka Falls en die Huka Prawn Farm besoek.. mmm.. die prawns was yummy! Toe is ons na oupa toe in Hawkes Bay, daar het ons Te Mata Peak, Mission & Church Road Winery en Napier besoek.. ons het by 'n restaurantjie op die strand die lekkerste vis geeet! Van daar af het ons by tannie Ina in Wellington gaan kuier. Sy het ons soveel mooi goedjies gaan wys en ons het die lekkerste sushi daar geeet, maar ek was die MALSTE oor haar katte!!! Ons het so lekker gespeel! Toe is ons sneeu toe by Mt Ruapehu, daar was die oulikste houttrok waarmee ek gespeel het.. en tannie Miem my in rond gestoot het. Ons het ook by 'n piepklein dorpie genaamd BULLS gestop.. alles daar was net Bulls.. al hulle bordaanwysings het iets te doen gehad met 'n BULL... soos die groente winkel se naam was VEGET-A-BULL... ons het ook by Otohoranga gestop om na die KIWI's te gaan kyk.. Dit was die beste vakansie ooit! Die geryery was bietjie lank.. maar ek is altyd vergoed met 'n heerlike TIMTAM koekie, of ietsie lekkers!