
Ons het so baie nuwe plekkies gesien en ontdek! Ons het by Taupo die Volkaniese Sentrum , die Huka Falls en die Huka Prawn Farm besoek.. mmm.. die prawns was yummy! Toe is ons na oupa toe in Hawkes Bay, daar het ons Te Mata Peak, Mission & Church Road Winery en Napier besoek.. ons het by 'n restaurantjie op die strand die lekkerste vis geeet! Van daar af het ons by tannie Ina in Wellington gaan kuier. Sy het ons soveel mooi goedjies gaan wys en ons het die lekkerste sushi daar geeet, maar ek was die MALSTE oor haar katte!!! Ons het so lekker gespeel! Toe is ons sneeu toe by Mt Ruapehu, daar was die oulikste houttrok waarmee ek gespeel het.. en tannie Miem my in rond gestoot het. Ons het ook by 'n piepklein dorpie genaamd BULLS gestop.. alles daar was net Bulls.. al hulle bordaanwysings het iets te doen gehad met 'n BULL... soos die groente winkel se naam was VEGET-A-BULL... ons het ook by Otohoranga gestop om na die KIWI's te gaan kyk.. Dit was die beste vakansie ooit! Die geryery was bietjie lank.. maar ek is altyd vergoed met 'n heerlike TIMTAM koekie, of ietsie lekkers!
No comments:
Post a Comment