Saturday, May 29, 2010

My lekker vakansie saam met tannie Miems.. deel 1


My tannie Miems en oom Dawie het vir ons kom kuier uit Afrika. Dit was so lekker.. ons het baie rondgery, en nuwe plekkies gesien.. en ooohhh maar hulle het my bederf. Een van die plekke wat ons besoek het was Paunui, by die see. Daar was so baie om te doen! Ek, mamma en tannie Miems het fiets gery (ek op so oulike stoeltjie agterop mamma se fiets), en daar was ook my eie "groot" fiets wat ek alleen op kon ry. Dit was so lekker om op die strand te speel, en die see water was nie eers so koud nie! Pappa en oom Dawie het gekayak.. en pappa het my ook 'n beurt gegee! Maar ek dink die heel lekkerste was badtyd... daar was net 'n stort.. daarom het ek in die wasbak gebad.. ek was MAL daaroor!

No comments:

Post a Comment