
Saturday, November 28, 2009
Wednesday, November 25, 2009
My One-man-band!
Tuesday, November 24, 2009
Eenvoudige oudtydse speelgoed, speel al te lekker!!!
Thursday, November 19, 2009
Persentjies uit SA!!!
Ek en mamma is verskriklik bederf vandag! Ons het 'n pakkie uit SA gekry!!!! 





Tannie Miem het vir mamma die mooiste juwele van my ouma Bets gestuur en vir my die coolste klere en skoene en haarbykomstighede en ook juwele!!!! En ouma Bets het vir my 'n rukkie terug die oulike rugsakkie gekoop! Dit is BAIE spesiaal!
Matte was, is bitter harde werk!

Ek en mamma het vanoggend besluit ons gaan die hele huis se matte was.. aangesien ek nou so lekker 4 wiel aangedrewe is! Die masjien het vreeslik geraas.. so ek het besluit die beste plek om te wees is op my mamma se rug! Nie net het ek die beste sitplek onder die son gehad nie...maar ek kon ook mooi sien wat sy doen en of sy plekkies gemis het!!!
Wednesday, November 18, 2009
Ek voel Vere!

My ouma Anita het voorgestel dat mamma my besig hou met 'n veer en bietjie stroop! Dankie ouma, dit was 'n wonderlike idee! Ek het vir so 5 minute te heerlik gespeel! En toe maak ek van nader kennis met Mnr. Veer.....Ek was mal oor die stroop.. lekker soet..mmmm.. en die veer het my tong gekielie..ha-ha-ha.... MAAR die veer het die mooiste gelyk in my hare!
Tuesday, November 17, 2009
Monday, November 16, 2009
Liefde..vir jou my kind..
My liefde vir jou my kind is die grootste menslike-liefde wat ek nog in my lewe ervaar het! Hierdie liefde vir jou, vervul al die hartkamers van my hart! Jy is die middelpunt van my gedagtes, my besorgdheid..my liefde...
Dankie Hemel pappa vir die mooiste klein engeltjie wat U vir ons gestuur het! Sy is perfek in alle moontlike opsigte! Liefde
Mamma & pappa xxxx
Sunday, November 8, 2009
Wednesday, November 4, 2009
My nuwe geel speelgoedkrat!

Mamma het vir my 'n groter speelgoedkrat gekoop. Ek gebruik hom nie net vir speelgoed nie, nee, ek gooi al my speelgoed uit en dan klim ek binne in.. (my huisie), of ek draai hom op sy kop en sit heerlik op hom en hy dans ook baie lekker!
Ek is mal daaroor om in my krat te grou! Ek kry elke keer ietsie nuuts!
Dis harde werk die grouery!
Tuesday, November 3, 2009
Sunday, November 1, 2009
Abba Girl!
...Mamma said I was a dancer before I could walk...mm... she said I began to sing long before I could talk! ....
Subscribe to:
Posts (Atom)







