Thursday, October 29, 2009
Tuesday, October 27, 2009
Boksie Blokkies!
Somer het sy opwagting gemaak!
Dit lyk of die stoute somer nou uiteindelik sy wegkruiperspeletjie laat staan het en by ons kom kuier het! Jippieeeee!!! Dit beteken ek en mamma kan lekker gaan stap elke oggend. Dit is so heerlik om die voeltjies te hoor sing, die vars lug te ruik en al die diere en mense te sien ontwaak en regmaak vir 'n nuwe dag!
Friday, October 23, 2009
Ek & my pappa speel!
Ek verlang vreeslik na my pappa deur die dag as hy by die werk is... maar gelukkig bel hy my as hy etenstyd het en dan gesels ons 'n hond-uit-'n-bos uit! Dit is so lekker om my pappa te sien in die middag as hy by die huis kom! Ek het 'n gil en 'n hop en dansie wat ek doen as ek my pappa sien! Hy is mal daaroor... en kyk dan SPEEL ons, rol ons, hop ons, stoei ons en lag ons totdat my magie seer is van al die lag!
Tuesday, October 20, 2009
My 1ste tandjie maak sy verskyning...
My heel eerste tandjie het uiteindelik sy verskyning gemaak, na lang nagte se geswig en sweet om uit die tandkas te ontsnap, slaaplose nagte en Oooo.. baie "teething gel"! Die tandjie is nogal handig op mens se ontdekkings reise.. veral as jy iets moet uittoets, om uit te vind wat dit is.. soos om dit te byt of te proe ens. Ek moet ook net noem.. ek weet ook nou hoe proe my kot, hy is hard en ek het besluit hy proe nie so lekker nie, daarom is hy seker gemaak om in te slaap en nie om te eet nie! Die tandjie verskaf my ook baie pret.. soos as ek mamma se vinger byt.. dan trek sy sulke snaakse gesiggies! Baie snaaks.. hie hie hieee...
Monday, October 19, 2009
Blomme..meisie..
Dit was vandag 'n heerlike sonskyndag! Mamma en ek het lekker in die tuin gespeel.. Pappa se blommetjies is sooo mooi! Ek kan nie wag vir die somer nie, dan kan ek elke dag in die tuin speel!
Thursday, October 15, 2009
My ontdekkingsreis in die kombuis...hoofstuk 2
Ek het vanoggend opgestaan met 'n wonderlike gevoel in my hart, dat ek vandag, iets asemrowend gaan ontdek.. hier op my ontdekkings reis in die kombuis!
Winter-reënwater-warm P*A*N*N*E*K*O*E*K!
MMmmmmm...yum..yum.... Mamma het vir my en pappa Vrydagaand bederf met die heelikste pannekoek! Dit het die heeldag gereën en dit was nogal koud.. Pappa sê dit was 'n perfekte Pannekoekdag! Dit was die heel eerste
keer in my hele lewe dat ek dit geproe het! En sjoe, was dit nou lekker! My ma is ook maar stief met my, dat sy my nou eers aan die lekker kos voorstel! Maar toemaar, nou weet ek hoe lekker dit is en gaan nou ELKE Vrydag vir pannekoek vra!
keer in my hele lewe dat ek dit geproe het! En sjoe, was dit nou lekker! My ma is ook maar stief met my, dat sy my nou eers aan die lekker kos voorstel! Maar toemaar, nou weet ek hoe lekker dit is en gaan nou ELKE Vrydag vir pannekoek vra!
Monday, October 12, 2009
Sunday, October 11, 2009
Wors-maak wat so lekker smaak!
Die hele kontrei het saam met ons kom wors maak. Hier was lekker baie maatjies om mee te speel, en die grootmense het wors gemaak. Hulle het maar hulle tyd gevat hoor.... maar die wag was die moeite werd.. toe ek uiteindelik my ou stukkie wors kry was dit tjoef tjaf en weg is die hele worsie..
Thursday, October 8, 2009
Mamma se snotneusie..
Subscribe to:
Posts (Atom)








