Monday, August 31, 2009

Ons was strand toe!

Ons was Saterdag strand toe, mamma sê die strand se naam is Raglan.. klink amper soos Reagan.. my maatjie wat ook saam was! Ons twee het te lekker in die see sand gebaljaar! Ons het in die sand gekrap en gegrou en gespeel totdat ons van kop-tot-toon vuil was. Ek hoop ons kan gou weer gaan!!!!

Pappa het gaan vlieg met so groot valskerm ding.. hy noem dit 'n pa-ra-gli-der.. sjoe dis 'n groot woord. Hy sê eendag as ek groot is, kan ek saam met hom gaan vlieg. Hy lyk nes 'n arend daar bo in die lug! Dit lyk vir my maar baie baie hoog.. ek dink ek sal maar eers hier op die grond bly.. wel tenminste totdat ek die loop-ding onder die knie het!!!



Billies ..yum ..yum


My pappa het vir my lekker biltong gemaak want, hy sê dit gaan help om my tande te laat uitkom! Wel, as jy so sê pappa.. al wat ek weet is dat dit bitter lekker is! Keep them coming!!!

Thursday, August 27, 2009

My 1ste woordjie...

Ek het vandag, 26 Augustus 2009, my 1ste woordjie gesê....Dada!

Wednesday, August 26, 2009

Merke, gereed, ... KRUIP!


Mamma kan maar netsowel 'n weermag korporaal gewees het! Sjoe, sy het my loopring en "excersauser" weg gevat, en nou moet ek elke dag net op die mat speel. Sy sê ek moet leer KRUIP!! Kruip? Wie wil nou kruip as jy op jou boudjies kan rond skuif of regop staan teen alles? Maar, ek het nou maar besluit ek sal dit probeer.. die kruipding.. maar net as mamma nie kyk nie! Dit gaan sover goed.. ek kruip nog net agteruit, maar ek sal hopenlik die vorentoe gaanery binnekort onder-die-knie kry!

Tuesday, August 25, 2009

Die 3 beertjies!

DIE 3 BEERTJIES....
deur ~Tahnay Sonnendecker~

Hier in my kamer is daar 3 beertjies. Sussa die dogtertjie-beer, MJ die seuntjie-beer en Tahnay die baba-beertjie. As dit slaaptyd is, gee Tahnay haar beertjie-maatjies nagsoentjies, en as sy bang word in die nag, weet sy haar maatjies is daar by haar!

My maatjie Reagan kom speel by my!

My maatjie Reagan (wat net 3 weke jonger as ek is) het bietjie by my kom speel. Ons speel baie lekker saam en ons hou van dieselfde speelgoed! Hy is 'n baie vriendelike maatjie, en hy kan baie praat... hy sê hy leer dit by die kleuterskool... dit klink na 'n lekker plekkie! Sjoe, ek moes kophou om al die nuwe woorde te leer!

Wednesday, August 19, 2009

Ons was see toe!!!


BALLITO BAY


GATEWAY SHOPPING MALL IN UMHLANGA

Monday, August 10, 2009

My eerste uitstappie DIERETUIN toe!!!


Ons was Saterdag die 8ste Augustus Dieretuin toe! Dit was 'n baie baie baie spesiale dag, omdat dit my mamma & pappa se huweliksherdenking was en natuurlik my heel 1ste besoek aan die dieretuin!! Ons 3 het dit verskriklik baie geniet! Kyk my oulike sonbrilletjies wat pappa vir my gekoop het! Hy het gesê die son is baie skerp en glad nie goed vir my ogies nie.. en ek het gesê.. dankie pappa.. nou lyk ek darem eers "cool"!!
Ons het baie diere gesien, van hulle het ek nog nooit in my lewe gesien nie.. soos bv. die renosters, kameelperde, zebras en apies. My gunsteling was die kameelperde.. hulle was baie snaaks met hulle laannnggg bene en lannnggg nekke! Dit was 'n wonderlike dag, maar pappa sê hy gaan my eendag weer Afrika toe vat en dan wys waar die diere eintlik bly.. en ook hoe 'n olifant lyk.. blykbaar is dit 'n enorme dier met vreeslike groot ore! Hy moet seker baie mooi kan hoor!

Ons was in AFRIKA!!



Ons was Suid-Afrika toe! Ek sou nooit kon raai dat ek so gou Afrika sou sien nie maar ek het! My pappa en ek het alleen gevlieg soontoe, want mamma moes vroeer gaan. Hy is regtig 'n baie dapper pappa en die beste pappa ooit! In Suid-Afrika het ons baie rond gereis, meestal om by familie en vriende te gaan kuier. Dit was vreeslik lekker om al my familie in lewendelywe te ontmoet. Hulle het my vreeslik bederf.. mens sou sweer hulle het my nog nooit gesien nie.. soos wat ek gesoen en gedruk is.. hie hie hie.. ! Dit was baie lekker om daar te kuier, en mamma sê ons mag dalk volgende jaar weer gaan kuier!!!!

Tuesday, August 4, 2009

Vir my Ouma Betsie...

Ouma, ek is so bly ek kon ouma ontmoet. Dankie vir al die bederfies, die persentjies en dat ouma my mamma goedjie geleer het wat net 'n ma weet...soos... hoe om my toe te draai as ek wil slapies, al die slaaptydliedjies, om my winde te laat uitkom, om my vas te hou as ek bad en al die boereraad! Dankie dat ouma die beste mamma vir my mamma was! Ek is so bly julle het so baie fotos van ons geneem, want as ons ouma so oneindig baie mis.. kyk ons na die fotos .. en kan elke oomblik saam weer herleef! Ek weet ouma is nou my beskermengeltjie ... LIEF OUMA ALTYD!