Ek het gedink dit sal nogal heel interesant wees om te sien of my karretjie op ons eetkamertafel ook so lekker ry..En ja, behalwe dat my remme oortyd werk.. is hy nogal vinnig...0-100 in 1 sekonde! Weet net nie of mamma se hart dit gaan hou nie!
Ek het ontdek dat ek nogsteeds in my Bumbo stoeltjie pas en gebruik hom nou om op alles te sit. Hy werk lekker om op die groot banke te sit ..en heerlik boek te lees... aahhh... die vreugde ..die voordeel van klein boudjies!!