
Ouma Anita het vir my baie persente van Afrika saam gebring. Jippie!! Ek ken nog nie al die mense wat dit vir my gestuur het nie, maar ek is seker ek gaan sommer baie van hulle hou, hulle het dan sulke oulike goedjies vir my gestuur!
Ek het toe ook sommer besluit, ek en my hasie skoene moet gaan toer, sommer hier deur Nieu Seeland. My toer het begin by die Bridal Veil waterval naby Raglan. Ek het baie daarvan gehou, veral omdat ek alles so mooi kon sien, want pappa het my in my Kangaroo pouch gedra! Ons het deur 'n pragtige woud gestap, met baie mooi bome en ook 'n riviertjie! Ons het eers by die bo punt van die waterval gestaan, sjoe dit was hoog, en toe moes ons 10 minute loop om tot by die onderpunt van die waterval te kom, daar was baie trappies wat ons moes klim, maar ek was nie eers moeg nie! Ek weet nie hoekom het die ander so geblaas nie!!!
Tot volgende keer!
Groete
Tahnay xxx


