Ek verlang vreeslik na my pappa deur die dag as hy by die werk is... maar gelukkig bel hy my as hy etenstyd het en dan gesels ons 'n hond-uit-'n-bos uit! Dit is so lekker om my pappa te sien in die middag as hy by die huis kom! Ek het 'n gil en 'n hop en dansie wat ek doen as ek my pappa sien! Hy is mal daaroor... en kyk dan SPEEL ons, rol ons, hop ons, stoei ons en lag ons totdat my magie seer is van al die lag!
No comments:
Post a Comment