Thursday, November 19, 2009

Matte was, is bitter harde werk!


Ek en mamma het vanoggend besluit ons gaan die hele huis se matte was.. aangesien ek nou so lekker 4 wiel aangedrewe is! Die masjien het vreeslik geraas.. so ek het besluit die beste plek om te wees is op my mamma se rug! Nie net het ek die beste sitplek onder die son gehad nie...maar ek kon ook mooi sien wat sy doen en of sy plekkies gemis het!!!

No comments:

Post a Comment