Monday, November 16, 2009

Liefde..vir jou my kind..

Liefde is die mooiste emosie van almal! Dit is die een emosie waarsonder ons nie kan klaarkom nie..Dit is sonder twyfel een van die wonderlikste gawes wat ons ontvang het.. dit en die lewe self!
My liefde vir jou my kind is die grootste menslike-liefde wat ek nog in my lewe ervaar het! Hierdie liefde vir jou, vervul al die hartkamers van my hart! Jy is die middelpunt van my gedagtes, my besorgdheid..my liefde...

Dankie Hemel pappa vir die mooiste klein engeltjie wat U vir ons gestuur het! Sy is perfek in alle moontlike opsigte!
Liefde
Mamma & pappa xxxx



My ontdekkingsreis in die sitkamer...hoofstuk 1


Wednesday, November 4, 2009

My nuwe geel speelgoedkrat!



Mamma het vir my 'n groter speelgoedkrat gekoop. Ek gebruik hom nie net vir speelgoed nie, nee, ek gooi al my speelgoed uit en dan klim ek binne in.. (my huisie), of ek draai hom op sy kop en sit heerlik op hom en hy dans ook baie lekker!




Ek is mal daaroor om in my krat te grou! Ek kry elke keer ietsie nuuts!





Dis harde werk die grouery!

Sunday, November 1, 2009

Abba Girl!

...Mamma said I was a dancer before I could walk...mm... she said I began to sing long before I could talk! ....