Saturday, December 12, 2009

Krismis koekies is so lekkkkkeeerrr!!!

Ek het vir mamma gehelp om kersfeeskoekies te bak! Dit was sooo lekker, ons het verskillende vormpies uitgedruk.. Kersboompies, Engeltjies, Sterretjies en kieries! Die koekiedeeg het te lekker gespeel en proe ook nogal nie te sleg nie!

Tuesday, December 1, 2009

Ek verbreed my horisonne en sluip uit die huis uit!

Ek het self ontdek, ek kan die skuifdeur oop skuif... en kyk toe vat ek my kans en kruip die tuin vol!

Ons stel bekend: Prinses Tahnay

Mamma het vir my hierdie spesiale kroon gemaak, want ek is mos 'n prinses!

En ek het ook 'n natuurlike Koningklike waai! Ek is tog van Koningklike afkoms... ek kom dan van Koning Jesus af!