Thursday, February 10, 2011

Diere moet ook mos bad!!

Ek en al my diere bad elke aand sooo lekker saam! Mamma maak elke aand vir my 'n ander "kleur" bad (met voedselkleursel).. sy se dis 'n goeie manier om my kleure te leer!! My gunsteling is 'n Groen bad!!

Sunday, January 23, 2011

Dokter - Dokter!

Ek het ontdek dat ek baie talentvol is as 'n Dokter! Ek het dus vir my 'n Dokters Tas met al my aparati aangeskaf om sodoende al my speelgoed, sag en hard, oud en jonk mooi en nie-so mooi te ondersoek! Jy weet, net om seker te maak hulle almal voel fiks en gesond!

Saturday, January 15, 2011

Dis Kersfees!







Sjoe, dit was vir my so lekker om ons kersboom saam met mamma te versier! Dit was baie baie moeilik om nie die goedjies van die boom af te haal nie... Kyk ek moes my omtrent inhou! Maar die grootste uitdaging was om nie die persente Onder die boom oop te maak nie, aangesien die helfte in elk geval Myne was! Maar dit was so lekker om op kersoggend al my persente saam met mamma & pappa oop te maak! Ek het my eie Kamera by ma&pa gekry, baie klere, 'n 3 beertjies (hand puppet) stel, boekies, 'n Watergeweertjie en pop by tannie Miems, bean bags by Ruben & JAcques, 'n Haardroer & borsels by Adrian & Ben en 'n Dora kussing, poppie & portret by Oupa-hulle! En die beste persent ooit was my Trampolien!! Ek is mal daaroor om te "JUMP"!!!
Mamma het vir ons die lekkeste boere kookkos gemaak en tannie Zel, oom Gene, Ruben & Jacques het by ons kom eet! Ons het Kerskrekers en al gehad!



1 Van my beste Kersgeskenke!