Monday, January 18, 2010

Die storie van die tandemuis..

Mamma het my die storie van die Tandemuis vertel... van hoe jy jou tandjie trek en in jou skoen sit.. en langs dit 'n kasie en melk.. want die tandemuis kom haal jou tandjie om vir hom 'n tandekasteel te bou in Muiseland.. en as jy jou tandjies borsel en goed oppas dan gee hy vir jou 'n geldjie vir jou tand.. en hierdie was my reaksie...




Sunday, January 17, 2010

Bak en brou vir Reagan se verjaarsdag...




Mamma het vir Reagan my maatjie, sy 1ste Verjaarsdagkoek gebak! Sy partytjie se tema was: Beach Party... Dit was 'n baie baie lekker partytjie, ons het geswem en in seesand gespeel en die lekkerste goedjies gekry om te eet...

Mej New Zealand in the making....

Tuesday, January 12, 2010

My glyplank

Ek het die geveg tussen my en die glyplank gewen.. hy het eers vir my vreeslik hoog gelyk.. tot ek hom begin klim het. Ag, nee wat, dis toe so maklik soos val van die bank af...nou gly ek die heeldag lank.. Lekker!

Sunday, January 10, 2010

Vinkel & Koljander...


My maatjie Reagan het by my kom speel.. sjoe, maar ons het baie lekker gespeel.. ons het perdjie gery, op die glyplank gegly, bal gespeel.. en toe lekker gaan bad..

Scrubble.. scrabble..

Regs...

Links???

Maak nie saak nie... ek is mal oor teken! En ek verstaan ook nou dat daar verskillende
kleure is! Wow, die wereld bestaan uit BAIE kleure! Dis soo lekker om al die goedjies
te leer!


Thursday, January 7, 2010