Sunday, April 18, 2010

Vliegtuie!


Ek en mamma & pappa het nou die dag bietjie gaan vlieg! Wel, pappa het regtig egtig gevlieg, en ek en mamma het gespeel-speel vlieg! Dit was baie interresant om al die verskillende soorte vliegtuie te sien! Hulle vlieg darem maar baie hoog in die lug! Lyk bietjie vir my soos groot ystervoels wat baie hard raas!

Monday, April 12, 2010

Parkie toe Paas Vrydag!


Ons was tog lekker parkie toe Vrydag! Dit was sooo lekker, pappa en mamma het saam met my bal gespeel, en ek het op alles by die parkie gery! Die swaai, wipplank en glyplank! Dit was hope pret! Hoop ons kan gou weer gaan!

Uitstappies met my baba...

Oeeee...maar ek is baie lief vir my nuwe baba! Ek het so lank vir my baba gewag.. ek's seker dit was 9 maande! Tannie Senta het hom spesiaal met 'n skip vir my gestuur! My baba het my vertel dit was baie donker en koud op die skip, maar sy is nou oor alles.. ek vat haar elke dag om so bietjie te gaan stap.. in haar stootwaentjie.. sodat sy bietjie son kry en lekker vars lug!

Wednesday, March 31, 2010

PAASFEES.. paashaas en tjokliteiers!















Reuse ballonne net waar jy kyk!!!


Ons het Saterdagoggend baie vroeg opgestaan om Hamilton Lake toe te gaan. Daar aangekom het ek, mamma & pappa bietjie langs die Lake gaan stap. Ek het baie ganse en eende gesien.. en wou sommer aan hulle vat en optel, maar hulle wou nie.. snaakse goed! Toe vat die 2tjies my na 'n oop stuk veld waar ek toe die grootste, reuse ballon wat ek nog in my lewe teegekom het sien! Sjoe, ek het soos 'n miggie teen die ballon gelyk... En raai wat... daar was nie net een nie, nee, daar was so baie soos al my vingertjies aan altwee my hande! En hulle was almal verskillende kleure en vorms! Ek kon nie ophou kyk nie.. my nek was naderhand baie seer van al die opkyk, maar sjoe dit was soooo mooi! Ek wens ek kan eendag binne een van hulle ry! Dit was 'n baie baie baie lekker dag!

Saturday, March 27, 2010

Ek en Bobby hou 'n teepartytjie!


Ek en Bobby het vanmiddag 'n teepartytjie gehou! Sjoe, maar dit was lekker! Te danke aan oupa-hulle het ek nou 'n oulike tafeltjie en stoeltjies waarop ek kan sit en teken, eet en teepartytjies hou! Mamma het my mooi geleer hoe om die tee te maak, dan te skink en melk en suiker by te gooi! Ek dink Bobby het dit ook geniet.. maar hy wou niks eet of drink nie... ek moes al sy koekies ook eet... shame.... seker nie lekker gevoel nie!

Tuesday, March 23, 2010

My 15 maande besoek aan tannie-Plunket en die tannie met die groot NAALD!


Ek was vandag by tannie verpleegster by ons dokters se spreekkamers! Dit was weer tyd dat ek vir haar en die tannie by Plunket gaan kuier. Eers het die Plunket-tannie my geweeg en toe gemeet en ook baie komplimente gegee.. goedjies soos, hoe oulik en slim en mooi dogtertjie ek is!! Ek weeg nou 10.25kg en is 80cm lank! Ek groei so mooi, niks van my wintersklere pas eers meer nie.. dit wil gedoen wees ne!


Toe was dit tyd vir die kuier by die verpleegster.. ek hou nie van haar nie want sy het my al weer 3 keer met 'n naald gesteek! Mamma het my vertel hoekom sy dit doen, maar ek verstaan nogsteeds nie... as sy dan so slim is om te weet waar om my met die naald te steek..kan sy dan nie 'n ander manier uit dink om vir my die medisyne te gee nie??? Miskien soos mamma.. met 'n lepeltjie nie??