Sunday, August 7, 2011

Funky Feƫtjie!






Ek is uitgenooi na Sune my maatjie se Feetjie Verjaarsdag Partytjie toe. Almal moes soos feetjies aantrek! Ek het besluit, omdat ek so kleurvolle persoonlikheid het, dat ek verseker die Funky Feetjie moet wees! Dit was 'n baie lekker "girly" partytjie!

Sunday, July 17, 2011

In pappa se skoene!








Ek het vandag bietjie gevoel hoe dit voel om in my pappa se skoene te staan. Sjoe, dit is regtig groot en swaar skoene om vol te staan. My pappa is my H*E*R*O.... Hy speel altyd met my die lekkerste, rofste, stoeispeletjies.. soos net 'n pappa kan. Hy leer my lewenslesse, hy leer my om te spaar vir later.. hy leer my van liefde.. hy leer my om nie bang te wees as nare nagmerries my bang maak nie.. Want hy is altyd daar om my te red! Ek lief my pappa so baie soos te sterre in die lug!

Wednesday, July 13, 2011

Ouma Nita kuier by ons!!

My ouma Nita het spesiaal vir ons uit Afrika kom kuier! Ons het lekker naaldwerk gedoen.. en ouma het vir my die mooiste Duvetstelletjie gemaak! Ek is gek daaroor.. dankie Ouma!






Ek en ouma het baie gespeel en lekker gelees! Ek het bietjie met ouma se hare gespeel en dit opgezoesh! Lyk dit nie mooi nie!

Dit was baie lekker om vir ouma hier te he! Ouma moet asb. weer kom kuier!


Liefdetjies .. Tahnay xx

Wednesday, June 8, 2011

My nuutste gunsteling tyd-verf-dryf!

Ek en mamma speel so lekker met die "face paint". Dit is my deesdae my gunsteling aktiwiteit! Ek het al vele gedaante verwissellings ondergaan...

Mamma verf my gesiggie en ek hare..Ek dink my styl is verseker meer Abstrak!

Hier is ek Nakkie die Nar!


Ek is 'n "butterfly princess"



Grrrrrr..... Ek is 'n Cheetah!




Meowwww..... Ek is 'n oulike katjie!



Tuesday, May 17, 2011

**WaTeRpOkKiEs** ETA: 15.5.2011 - ETD:unknown**





Ek het vanoggend (sondag) opgestaan en nie vreeslik lekker gevoel nie! Toe mamma my hempie oplig ontdek ons wraggies 2 waterpokkies! En so het die kapokkies aangeteel.. en nou (woensdag) het hulle klein informele nedersettings op my lyfie gevorm.. Dis aaklig want die goed jeuk verskriklik en mamma wil nie toelaat dat ek dit krap nie~! Ai, waterpokkies julle beter nou bietjie julle goedjies pak en verhuis na 'n ander liggaampie GROOT asseblief, ek en mamma wil asb. meer as 3 ure slaap per nag he!

Wednesday, May 11, 2011

WOW! Verassings is die beste!!!

Toe ek vanoggend my ogies oopmaak, wag daar 'n baie baie baie groot boks voor my deur! Die pakkie was so groot, pappa & mamma moes dit saam in die huis in dra, en pappa moes my help om dit oop te maak!!



Tannie Miemie het vir my die grootste motorfiets OOIT gestuur!! Hy is sooo "cool" hy het my naam om die kante en 'n nommer plaat agter!! En die beste van alles is.. hy is PIENK!! Ek het ook ander oulike geskenkies en klere en so aan gekry! Ai, ek word darem so lekker bederf! Ek is sooo lief vir julle!!!

Tannie Miemie stuur vir my BAIE kleertjies!!!










Hier is een van die Stunning uitrustings wat tannie Miemie vir my gepos het! Mamma het my

vertel hoe tannie Miemie dit daar in Afrika in 'n groot boks sit en dan Poskantoor toe vat. Die poskantoormense stuur dan my pakkie op 'n groot skip en dan bring ons New Zealand posman vir my die pakkie tot voor my deur! Wow, dis ongelooflik ne!