
My liefste tannie Gerda, (by wie ek bly as mamma gaan werk) het vir my, my gunsteling karretjie geleen om bietjie hier by mamma en pappa te kom "af show"...Ooohhhh ek het sooo lekker gespeel, dit het vreeslik baie gereen, so mamma het vir my 'n padjie in die motorhuis geteken en vir my padtekens gemaak. Dit was 'n vreeslike besige dag.. ek moes heen en weer ry om vir Bobby by die skool te gaan haal, en goedjies in die dorp gaan koop... en intussen het mamma en pappa my elke nou en dan gepla op my selfoon.. ai, weet hulle nou nog nie mens mag nie bestuur en op jou selfoon praat nie!!!
No comments:
Post a Comment