Monday, October 19, 2009
Blomme..meisie..
Dit was vandag 'n heerlike sonskyndag! Mamma en ek het lekker in die tuin gespeel.. Pappa se blommetjies is sooo mooi! Ek kan nie wag vir die somer nie, dan kan ek elke dag in die tuin speel!
Thursday, October 15, 2009
My ontdekkingsreis in die kombuis...hoofstuk 2
Ek het vanoggend opgestaan met 'n wonderlike gevoel in my hart, dat ek vandag, iets asemrowend gaan ontdek.. hier op my ontdekkings reis in die kombuis!
Winter-reënwater-warm P*A*N*N*E*K*O*E*K!
MMmmmmm...yum..yum.... Mamma het vir my en pappa Vrydagaand bederf met die heelikste pannekoek! Dit het die heeldag gereën en dit was nogal koud.. Pappa sê dit was 'n perfekte Pannekoekdag! Dit was die heel eerste
keer in my hele lewe dat ek dit geproe het! En sjoe, was dit nou lekker! My ma is ook maar stief met my, dat sy my nou eers aan die lekker kos voorstel! Maar toemaar, nou weet ek hoe lekker dit is en gaan nou ELKE Vrydag vir pannekoek vra!
keer in my hele lewe dat ek dit geproe het! En sjoe, was dit nou lekker! My ma is ook maar stief met my, dat sy my nou eers aan die lekker kos voorstel! Maar toemaar, nou weet ek hoe lekker dit is en gaan nou ELKE Vrydag vir pannekoek vra!
Monday, October 12, 2009
Sunday, October 11, 2009
Wors-maak wat so lekker smaak!
Die hele kontrei het saam met ons kom wors maak. Hier was lekker baie maatjies om mee te speel, en die grootmense het wors gemaak. Hulle het maar hulle tyd gevat hoor.... maar die wag was die moeite werd.. toe ek uiteindelik my ou stukkie wors kry was dit tjoef tjaf en weg is die hele worsie..
Thursday, October 8, 2009
Mamma se snotneusie..
Subscribe to:
Posts (Atom)




