Sunday, August 29, 2010

Myne, myne..myne liefste kar!


My liefste tannie Gerda, (by wie ek bly as mamma gaan werk) het vir my, my gunsteling karretjie geleen om bietjie hier by mamma en pappa te kom "af show"...Ooohhhh ek het sooo lekker gespeel, dit het vreeslik baie gereen, so mamma het vir my 'n padjie in die motorhuis geteken en vir my padtekens gemaak. Dit was 'n vreeslike besige dag.. ek moes heen en weer ry om vir Bobby by die skool te gaan haal, en goedjies in die dorp gaan koop... en intussen het mamma en pappa my elke nou en dan gepla op my selfoon.. ai, weet hulle nou nog nie mens mag nie bestuur en op jou selfoon praat nie!!!

Monday, August 16, 2010

Wat?? Afrika toe???

Mamma: "Tahnaytjie, raai wat? Ons gaan Suid-Afrika
toe om vir al jou nefies, niggies, ooms, tannies en ouma te gaan kuier!!! "

Tahnay: "Sjoe, regtig mamma.. daar waar al die wilde diere bly.. soos die leeus?"

Mamma:"Ja my skat.. die olifante, leeus, renosters ..

Tahnay:"mmmm..laat ek gou dink.... Waneer pak ons mamma????"

Mamma: "Eers oor 'n paar slapies.. ons moet nog eers in ons nuwe huisie in trek en daarna gaan ons."

Tahnay:"Jippeeeeee ek kan nie meer wag nie!!... "
Mamma: "Dis darem iets baie lekker om na uit te sien ne.. jy beter saam met mamma
die dae op die kalender af merk."

Tahnay: "Mmmm.. wonder of dit meer as 2 dae is.. ek kan altemit nog net tot 2 tel!"

Tuesday, August 3, 2010

Lekkerrrr Groentesop.. my gunsteling!

Ek is mal oor die winter.. want dan maak mamma vir ons heerlike groentesop!



Monday, July 12, 2010

My nuwe haarstyl!


Stoffel die stofsuier!

Stoffel die stofsuier was eens op 'n tyd vir my iets uit 'n riller.. maar..

nou dat ek bietjie groter is, en gesien het wat mamma doen, weet ek

hy suig eintlik net stoffies en goedjies op!!

PS: Hy bestuur nogal lekker..

Monday, July 5, 2010

4 Noodsaaklike stappe vir 'n genotvolle motorrit!


Ek is mal daaroor om so bietjie elke dag in mamma se motor te "oefenbestuur"....(wel, ek was, totdat die motor se battery pap geword het)....