Wednesday, June 17, 2009

Veels geluk liewe mamma .. omdat jy verjaar!




My pappa is darem baie slim.. en baie oulik!!!! Ek, hy & tannie Zelda het skelmpies vir mamma 'n verassings partytjie gereel! Die tema was skooldae.. nou nie dat ek enigsins verstaan wat 'n skool is nie, maar die mense het sulke snaakse kleertjies aangetrek.. en te oulik gelyk. Tannie Hestie het 'n enorme "tas-koek" gebak wat baie lekker gelyk het, tannie Zelda het die lekkerste kos gemaak & tannie Zonia-hulle het die fotos geneem. Ons het baie lekker partytjie gehou... en kan julle glo, ek was nie eers vaak nie, ek het vir Klaasvakie die aand afgegee sodat ek ook die partytjie kon geniet. En ek het, tot op die laaste oomblik...

Tuesday, June 2, 2009

Persentjies uit SA!!!

























Ek het vanoggend die wonderlikste verrassing gehad!!! Toe ek wakker word na my oggend-slapie het daar 'n pakkie uit SA vir my gewag!! Ek was so opgewonde ek wou dit net oopskeer...


En kyk net al die persente! Daantjie kat .. en pragtige kleertjies...



Dankie dankie dankie tannie Miems ek is MAL oor al my persentjies.... jy bederf my heeltemal te veel!


'n Mamma se liefde....


Before you were conceived I wanted you

Before you were born I loved you

Before you were here an hour I would die for you

This is the miracle of life.

Thank you Lord for this perfect little girl!

Groot bed, groot bad... groot meisie!