Wednesday, June 17, 2009

Veels geluk liewe mamma .. omdat jy verjaar!




My pappa is darem baie slim.. en baie oulik!!!! Ek, hy & tannie Zelda het skelmpies vir mamma 'n verassings partytjie gereel! Die tema was skooldae.. nou nie dat ek enigsins verstaan wat 'n skool is nie, maar die mense het sulke snaakse kleertjies aangetrek.. en te oulik gelyk. Tannie Hestie het 'n enorme "tas-koek" gebak wat baie lekker gelyk het, tannie Zelda het die lekkerste kos gemaak & tannie Zonia-hulle het die fotos geneem. Ons het baie lekker partytjie gehou... en kan julle glo, ek was nie eers vaak nie, ek het vir Klaasvakie die aand afgegee sodat ek ook die partytjie kon geniet. En ek het, tot op die laaste oomblik...

No comments:

Post a Comment