Ons was Saterdag strand toe, mamma sê die strand se naam is Raglan.. klink amper soos Reagan.. my maatjie wat ook saam was! Ons twee het te lekker in die see sand gebaljaar! Ons het in die sand gekrap en gegrou en gespeel totdat ons van kop-tot-toon vuil was. Ek hoop ons kan gou weer gaan!!!!
Pappa het gaan vlieg met so groot valskerm ding.. hy noem dit 'n pa-ra-gli-der.. sjoe dis 'n groot woord. Hy sê eendag as ek groot is, kan ek saam met hom gaan vlieg. Hy lyk nes 'n arend daar bo in die lug! Dit lyk vir my maar baie baie hoog.. ek dink ek sal maar eers hier op die grond bly.. wel tenminste totdat ek die loop-ding onder die knie het!!!







