Ek het gedink dit sal nogal heel interesant wees om te sien of my karretjie op ons eetkamertafel ook so lekker ry..En ja, behalwe dat my remme oortyd werk.. is hy nogal vinnig...0-100 in 1 sekonde! Weet net nie of mamma se hart dit gaan hou nie!
Wednesday, September 15, 2010
Sunday, September 5, 2010
Hoe lekker lees ek... sit.. sit.. soo!
Sunday, August 29, 2010
Myne, myne..myne liefste kar!

My liefste tannie Gerda, (by wie ek bly as mamma gaan werk) het vir my, my gunsteling karretjie geleen om bietjie hier by mamma en pappa te kom "af show"...Ooohhhh ek het sooo lekker gespeel, dit het vreeslik baie gereen, so mamma het vir my 'n padjie in die motorhuis geteken en vir my padtekens gemaak. Dit was 'n vreeslike besige dag.. ek moes heen en weer ry om vir Bobby by die skool te gaan haal, en goedjies in die dorp gaan koop... en intussen het mamma en pappa my elke nou en dan gepla op my selfoon.. ai, weet hulle nou nog nie mens mag nie bestuur en op jou selfoon praat nie!!!
Monday, August 16, 2010
Wat?? Afrika toe???
Mamma: "Tahnaytjie, raai wat? Ons gaan Suid-Afrika
toe om vir al jou nefies, niggies, ooms, tannies en ouma te gaan kuier!!! "
Tahnay: "Sjoe, regtig mamma.. daar waar al die wilde diere bly.. soos die leeus?"
Mamma:"Ja my skat.. die olifante, leeus, renosters ..
Tahnay:"mmmm..laat ek gou dink.... Waneer pak ons mamma????"
Mamma: "Eers oor 'n paar slapies.. ons moet nog eers in ons nuwe huisie in trek en daarna gaan ons."
Tahnay:"Jippeeeeee ek kan nie meer wag nie!!... "
Mamma: "Dis darem iets baie lekker om na uit te sien ne.. jy beter saam met mamma
die dae op die kalender af merk."
Tahnay: "Mmmm.. wonder of dit meer as 2 dae is.. ek kan altemit nog net tot 2 tel!"
Sunday, August 8, 2010
Tuesday, August 3, 2010
Lekkerrrr Groentesop.. my gunsteling!
Ek is mal oor die winter.. want dan maak mamma vir ons heerlike groentesop!
Subscribe to:
Posts (Atom)

