
Ek is amper 4 weke voor my "verwagte datum" gebore. Mamma se bloeddruk het bietjie gepla daarom was ons 4 weke voor my geboorte in die hospitaal. Almal in die hospitaal het baie mooi na ons gekyk en mamma se vriendinne het almal die 16de Desember by ons kom kuier.. Reagan my maatjie ook (al was hy nog in sy mamma se magie).
Ek is Woensdag die 17de Desember om 00:18 met 'n keisersnee gebore. Ek het 2.280 kg geweeg en was 50cm lank. My pappa het my eerste kleertjies aangetrek en was sekerlik die trotste pappa in die hele wereld! Mamma was so bly om my te sien en vas te hou dat sy sommer baie gehuil het van blydskap.
No comments:
Post a Comment