Friday, February 27, 2009

Middagete met maatjies & mamma's - 23 Feb '09


Vandag was 'n baie lekker dag.. hier het sommer baie maatjies en hulle mamma's by ons kom kuier! Reagan, my nuutste maatjie, was baie soet, hy wou net eet en slaap, maar ek wou nie my gunsteling bank met hom deel nie (soos julle kan sien op die foto). Xander en Ruben het lekker piekniek buite op die gras gehou en ook met hulle fietsies gespeel. Jacqueskie het rondgekruip en wag gehou by die skuifdeur. Al die mamma's het lekker koffie gedrink en broodjies geeet en geklets dat my ore naderhand seer was en ek besluit het om maar eerder te gaan slaap!
PS: Reagan en Tahnay verskil 3 weke, hy is vandag presies 6 weke oud & Tahnay 9 weke.

No comments:

Post a Comment