Ek en mamma was 5 dae na my geboorte in die hospitaal. Hulle het my gemonitor en ook sommer my gehoor getoets. Ouma Betsie het vir my kom kuier van Suid-Afrika af. Dit was so lekker om haar te ontmoet, ons het baie lekker gespeel! Ek het die 2 dae voor ons huistoe gekom het by mamma in die kamer ingetrek.. sjoe dit was so lekker om by haar in haar bedjie te slaap! Ons is oukersdag uit die hospitaal ontslaan.. dit was fantasties om na my nuwe huis te gaan!!
No comments:
Post a Comment